Minstens 40 militantes van die Islamitiese Staat is dood in lugaanvalle in Sirië. Volgens die Siriese menseregte-waarnemersgroep is ‘n konvooi van 16 voertuie oornag in die ooste van die Hama-provinsie getref. Die hoof van die groep, Rami Abdel Rahman, het aan die AFP-nuusagentskap gesê die aanvalle is deur Russiese of Siriese vegvliegtuie uitgevoer.
Die Nuus in Afrikaans – Koerant.co.za – Gratis Afrikaanse Nuus
Comments