Daar was ‘n hewige geveg aan die gang op sosiale media so ‘n rukkie terug. Nie die sleutelbord-vegters nie, videos wat ontevredenheid uitgespreek het en ander baie kras. Jy weet ‘n mens kies mos om vet te wees soos jy kies om blond te wees, of selfs siek te wees. Dit is nie werklik so eenvoudig soos dit nie, maar dit is heelaas wyser om te swyg. As ons immers die volgende vra voor ons spreek, kan ons dalk meer grimmigheid afweer. Wat dink jy van die “WINDBUKS SKOFFEL”?
WINDBUKS SKOFFEL
W – Is dit die WAARHEID?
I – Is dit INSPIREREND?
N – Is dit NODIG?
D – Maak dit dinge DRAAGLIK?
B – Is dit BEDAGSAAM?
U – Is dit UITMUNTEND?
K – Is dit KLEINLIK?
S – Is dit (dik)-SLIM?
So, kry ons die WINDBUKS of kry ons die teer? Om die sot te veer, aapstert te gee, want ons ken genade, of roep Antjie Somers. Maar as jy volhard, kan ons bordjies verhang.
Lirieke hier onder. Deel hom gerus met iemand wat jy dink sal die enetjie geniet.
Vers1: Soms is dit maar moeilik
Soms is dit maar swaar
met ‘n tong soos ‘n skeermes
en ‘n swaard vol straf
En vir daardie rede
sit baie maar strak
tussen die duiwel en diep see
en trane vlak
Daar is hierdie se ding
daar is hierdie raad
Voordat jy spreek
dink maar twee maal na
Voor wat in jou hart is
by jou mond uitloop
En die sot in jou swaard
aan die wereld vertoon
oe oe oe hoe
Koor 1: So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om sot te veer
aapstert te gee
Want ons ken mos genade
of roep Antjie Somers
Maar as jy volhard
kan ons die bordjies verhang…
Oe oe oe hoe ah ah ah aaaaaah
Brug:
Want, is dit die waarheid?
Inspireer jy die goeie?
Is dit werklik nodig?
Maak dit dinge draaglik?
Is dit bedagsaam, uitmuntend
Of kleinlik en slim
Swyg laat plek vir wonder
wyl die sot uitbasuin oe oe oe hoe
Vers 2: Soms is dit maar moeilik
soms baie swaar
dis botter aan die galg smeer
dit heel die hart sowaar
En vir daardie rede
haal die doring uit die vlees
ruk die boontjie in die bek
en gee loontjie aan die gek | |
Koor 2: So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om die sot te veer
aapstert te gee
Want genade is volop
waar galbraak oortree.
So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om die sot te veer
aapstert te gee
Want daar’s baie genade
horrelpyp danse
En met hand en met tand
sal ons help waar ons kan
Oe oe oe hoe. Ah ah ah aaaaaah
Liedjieskrywer / Toonsetter / Produsent ⓒ) Tes Mayer Smith
Musiek, klankontwerp / verwerking: ⓒ) Tes Mayer Smith
https://youtu.be/JrUEyZDf9JI?si=YvJvceXZIzgKS9kT
WINDBUKS SKOFFEL
W – Is dit die WAARHEID?
I – Is dit INSPIREREND?
N – Is dit NODIG?
D – Maak dit dinge DRAAGLIK?
B – Is dit BEDAGSAAM?
U – Is dit UITMUNTEND?
K – Is dit KLEINLIK?
S – Is dit (dik)-SLIM?
Vers1: Soms is dit maar moeilik
Soms is dit maar swaar
met 'n tong soos 'n skeermes
en 'n swaard vol straf
En vir daardie rede
sit baie maar strak
tussen die duiwel en diep see
en trane vlak
Daar is hierdie se ding
daar is hierdie raad
Voordat jy spreek
dink maar twee maal na
Voor wat in jou hart is
by jou mond uitloop
En die sot in jou swaard
aan die wereld vertoon
oe oe oe hoe
Koor 1: So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om sot te veer
aapstert te gee
Want ons ken mos genade
of roep Antjie Somers
Maar as jy volhard
kan ons die bordjies verhang…
Oe oe oe hoe ah ah ah aaaaaah
Brug:
Want, is dit die waarheid?
Inspireer jy die goeie?
Is dit werklik nodig?
Maak dit dinge draaglik?
Is dit bedagsaam, uitmuntend
Of kleinlik en slim
Swyg laat plek vir wonder
wyl die sot uitbasuin oe oe oe hoe
Vers 2: Soms is dit maar moeilik
soms baie swaar
dis botter aan die galg smeer
dit heel die hart sowaar
En vir daardie rede
haal die doring uit die vlees
ruk die boontjie in die bek
en gee loontjie aan die gek | |
Koor 2: So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om die sot te veer
aapstert te gee
Want genade is volop
waar galbraak oortree.
So kry ons die windbuks
of kry ons die teer
Om die sot te veer
aapstert te gee
Want daar's baie genade
horrelpyp danse
En met hand en met tand
sal ons help waar ons kan
Oe oe oe hoe. Ah ah ah aaaaaah
Liedjieskrywer / Toonsetter / Produsent ⓒ) Tes Mayer Smith
Musiek, klankontwerp / verwerking: ⓒ) Tes Mayer Smith