Tekort aan kos in Zimbabwe?

Tekort aan kos in Zimbabwe?

Zimbabwe is genoodsaak om 150 000 ton mielies uit Suid-Afrika in te voer om genoeg kos in die land te verseker tot die mielie-oestyd in April.

Luidens ‘n berig in Volksblad is sowat 2,2 miljoen mense in dié buurland se kosvoorraad in die gedrang. Zimbabwe se adjunkminister van landbou, mnr. David Marapira, het gesê hulle voer mielies in om die gaping te oorbrug totdat die volgende oes ingesamel is. Die regering skryf die tekort toe aan min reën die afgelope paar jaar.

Zimbabwe se bykans 14 miljoen mense benodig meer as 2 miljoen ton mielies per jaar, maar in 2013 is net 800 000 ton geoes, teenoor die 1,4 miljoen ton in 2012.

Bron: Volksblad

2,600
Like
Save

Comments

Write a comment

*

css.php