Tania Clarence se pleidooi aanvaar

Tania Clarence se pleidooi aanvaar

Die hof  het ‘n kort rukkie gelede Tania Clarence se pleidooi aanvaar.

Die Suid-Afrikaanse vrou wat in Brittanje woon gaan nie van die moord op haar drie kinders aangekla word nie.

Tania Clarence het vroeër skuldig gepleit op aanklagte van strafbare manslag met verminderde aanspreeklikheid, maar het ontken dat sy haar kinders vermoor het.

Die liggame van haar vierjarige dogter Olivia en driejarige tweelingseuns Ben en Max is in April deur hulle oppasser gevind.

Al drie kinders het aan spierdistrofie gely.

Clarence se man Gary was in Suid-Afrika toe die kinders dood is. Die hof het ‘n rukkie gelede haar pleidooi aanvaar.

The post Tania Clarence se pleidooi aanvaar appeared first on Die Nuus in Afrikaans – Koerant.co.za.

3,758
Like
Save

Comments

Write a comment

*

css.php