It has become easier to give up on one another, rather than fighting for what we have and have loved for a long time. Our relationships can survive many challenges and trials, but it requires a willingness to leave our arsenals and to lay our weapons down for one another. This song encourages us to step in to action and to give everything to preserve what we love.
https://www.fransienscott.com
LYRICS
Deur ons storms en seisoene en ons weke sonder woorde
Ontgrendel ons, ons wonde
En saai verwoesting met ons monde
Wil ek aanhou weerstand bied? Wil ek aanhou grense bou?
Uitgelewer aan die duister
Nou skuil ek in my arsenaal
Wanneer die dag sy asem uitblaas en sy baadjie by die deur ophang
Is daar niemand anders wat jou skoene volstaan
Daar is mos jare tussen my en jou
Gooi die anker uit, daar is hoop, daar is genade
Maar al wat ek weet is dat daar ‘n storm broei in my hart vannaand
Tussen lyne bring verwarring
En trek jy die deur toe op ons mislukking
My oë is toe maar ek voel jou asem
Kom hou my vas met die arms wat ek ken
Wanneer die dag sy asem uitblaas en sy baadjie by die deur ophang
Is daar niemand anders at jou skoene volstaan
Daar is mos jare tussen my en jou
Wanneer die dag sy asem uitblaas en sy baadjie by die deur ophang
Is daar niemand anders wat jou skoene volstaan
Daar is mos jare tussen my en jou
Kom ons gooi die ankers uit, daar is hoop, daar’s genade
Lê jou wapens neer, ek lê my wapens neer
Want al wat ek weet is dat daar ‘n storm broei in my hart vannaand
Al wat ek weet is dat daar ‘n storm broei in my hart vannaand
#afrikaans
#afrikaansemusiek
#musiek
Wonderlike! ?