Stille Nag – Germandt Geldenhuys (ft. Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger & Paul Lückhoff)

Stille Nag – Germandt Geldenhuys (ft. Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger & Paul Lückhoff)

ⓒ Germandt Geldenhuys
Jy kan sekerlik saamstem: 2020 was ‘n tawwe jaar wat baie van ons se hoop weg gevreet het en gevolglik gaan hierdie Kersfees dalk ‘n bietjie meer gedemp wees, vir baie mense.
Dit is presies waaraan ek gedink het op ‘n Maandagmiddag einde November toe iemand my daaraan herinner dat daar in die stil tye van die lewe ook wonderwerke kan gebeur – dat nuwe lewe (en hoop) uit die eenvoud kan spruit.
Ek het toe besluit ek wil “Stille Nag” (my ma se gunsteling Kerslied) opneem en vrystel oor die feestydperk.
Ek het dadelik my vriend (en maestro!), Sean Butler, genader om die opname te behartig. (Al was die “deadline” letterlik 7 dae, het hy ingestem en tot in die middernagtelike ure gewerk.)
Sean, daar is nie baie mense soos jy nie. Jy is ongelooflik. Baie dankie.

Ek wou graag ook vir ‘n slag iets saam my vriende doen – al was dit net iets klein – en ek besluit toe om van my vriende by Binnelanders saam te nooi om te kom saamsing!
Hierdie manne het almal binne sekondes “ja” gesê toe ek dit aan hulle voorstel en elke liewe een van hulle het uit hulle pad gegaan om van hierdie projek ‘n sukses te maak.
Dankie manne. Ek is trots om julle my vriende en kollegas te kan noem.
Saam julle sal ek oorlog toe gaan.

Ek het ook besluit dat ek hierdie projek alles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis gaan doen. So, elke keer wat jy die song aflaai, koop, speel of share, doen jy dit met die wete dat jy ‘n klomp kinders se Kersfees en Nuwe Jaar ‘n klein bietjie lekkerder gaan maak. Al die opbrengs word net so aan hulle geskenk.

Ek hoop julle geniet – en word geraak – deur hierdie weergawe van Stille Nag deur my, (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger en Paul Lückhoff.
SHARE sover as wat jy kan, asseblief.
Hoe meer mense luister hoe meer fondse samel ons in. En sodoende versprei ons sommer ook die Kersfeesgees!

NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, YOUTUBE MUSIC: https://linktr.ee/germandtgeldenhuys

Spesiale dank aan:
* Sean Butler + MELODY LANE STUDIOS se musikante en redigeerders vir al hulle harde werk met die opname van die lied.
* Linzay Coetzee (DUIDELIK) vir die ontwerp van die bemarkingsmateriaal, die ontwerp van die album-omslag en ook jou onbaatsugtige hulp en ondersteuning deurentyd.
* NG Kerk Lindenpark, vir die gebruik van hulle kerkgebou.
* Noeleen Fenske vir bydraes met grimering vir die “shoot”.
* Charl van Biljon vir jou insette i.t.v regie.
* Donovan Benade + Dewald de Witt van MEMORY LANE STUDIO, vir die skiet en redigering van hierdie musiek video. Julle ouens is ysters! Baie dankie.
* Tania Fourie Promosies – dankie dat julle ingespring het en gehelp het met verspreiding + media.
* Ernst Swart, vir al jou hulp met die publisiteit van die liedjie en die video.

Laastens, dankie aan die Here vir al die talente wat Hy ons gegee het. Mag Sy naam hierdeur omhoog gehou word.

_______________________________________

I’m sure you can agree: 2020 was a tough year.
As a result, Christmas, for many people, might not be the same.
That is exactly what I was thinking about on a Monday afternoon late November when someone reminded me that miracles most often happen in life’s “silent” moments, and that new life can sprout from the most unlikely places.
I decided then and there that I wanted to record “Stille Nag” (Silent Night in Afrikaans) and release it over the 2020 Festive Season. (It also happened to be my mother’s favourite Christmas carol.)
I immediately phoned my friend, Sean Butler, to do the recording. (Even though our deadline was literally 7 days, he agreed – even if it sometimes meant that he worked into the early hours of the morning.) 
Sean, there aren’t many like you – you are incredible. 
THANK YOU.

I also wanted to work with my friends again, even if just for a short little while. So I asked some of my friends at Binnelanders to sing with me!
They all agreed within seconds of me asking and they really went out of their way to make sure that this project was a massive success.
Thank you, guys. I am proud to call you my friends and colleagues. I’d follow you guys into any battlefield

I also decided that this project was going to be done to benefit the the Abraham Kriel Orphanage.
So, every time that you download, play + share this song, you are helping us make this Christmas and New Year a special one for a whole bunch of kids. All profits will be donated to them, directly.

I hope you enjoy (and are touched by!) this version of ’Stille Nag’ (Silent Night) by me (Germandt Geldenhuys), Reynardt Hugo, Clint Brink, Ben Kruger + Paul Luckhoff.
Please SHARE as far + wide as you can.
The more people listen, the more monies we can raise.
AND we get to spread the Christmas spirit a little bit more.

NOW AVAILABLE FOR DOWNLOAD/STREAMING ON APPLE MUSIC, ITUNES, SPOTIFY, DEEZER, YOUTUBE MUSIC: https://linktr.ee/germandtgeldenhuys

123,009
Like
Save

Comments

Germandt Geldenhuys says:

BAIE DANKIE aan almal wat Stille Nag sover ondersteun het! ONTHOU asb om die song ook te gaan luister/koop/download op iTunes/Apple Music/Spotify ens. Dis al manier hoe ons kan fondse insamel vir die Abraham Kriel Kinderhuis. (Volle details in die beskrywing hierbo!) 
???

Tebra du Plessis says:

Wat 'n voorreg om na julle te luister. Dit is pragtig. Die Here het vir julle ? ? mooi stemme gegee.

William Pretorius says:

Hoendervleis mooi.n traan het oor die baard van die kers geloop…

Salomi Smit says:

Wow, ongelooflik, hoendervleis oomblikke

abigail stanfliet says:

Yo amazing stunning best one ever ….

Ria van Deventer says:

Soos altyd so mooi. Besonders gesing.

Dely Furry says:

Beautifully sung…enjoyed listening!

The Flammifer of Westernesse says:

Alle liefde vir Afrikaners hierdie kersseisoen. Groete, uit Sjina.

Berenice Jacobus says:

Wow…dis asemrowend mooi julle.Luv dit!Gods rykste seen en n wonderlike feestyd met jul gesinne.

Karen Erasmus says:

Wow, dit is so mooi! Dankie.

lnpikachu says:

WOW!!!! Dis amazing mooi!!

Hetty Van tonder says:

Goose flesh on my arms

Write a comment

*

css.php