Poskantoorstakings – koppe moet rol!

Poskantoorstakings – koppe moet rol!

Poskantoorstaking

Die kommunikasiewerkersvakbond CWU dring daar op aan dat koppe van die top bestuur van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) moet eers rol voordat die stakende lede sal terugkeer werk toe.

In ‘n verklaring sê die CWU dat dit nie moontlik sal wees om die Poskantoor te verbeter onder die bestaande “ondoeltreffende en korrupte” bestuur nie.  Hulle vra verder dat die hele raad af gedank moet word.

Die vakbond sê “Dit sal help om die Poskantoor te stabiliseer en te herstel”.

Die vakbond eis ook ‘n 15% verhoging en dat deeltydse werkers permanent aangestel word.

Aubrey Tshabalala sê die werkers het begin wegbly omdat hulle onveilig by die werk voel en geïntimideer is.

725
Like
Save

Comments

Write a comment

*

css.php