Die koerant “The Boston Herald” is in groot moeilikheid omdat hy nie nét die president van Amerika beledig het nie, maar boonop ‘n rassistiese flater begaan het.
Die strokie wat in die koerant geplaas is lewer komentaar oor die onlangse voorval waar ‘n man gewapen met ‘n mes in die Withuis betrap is.
In bekende kunstenaar, Jerry Holbert se strokie is Obama besig om sy tande te borsel as daar skielik ‘n man agter hom vra of hy al die nuwe waterlemoen-geur tandepasta probeer het.
Amerikaanse swartmense reken dat die aanname dat hulle almal van waterlemoen hou uit die aard van die saak rassisties is.
The Boston Herald en Holbert het om verskoning gevra en hou vol dat die bedoeling satiries en nie rassisties is nie.
Comments