DieDie titel van hierdie boek trek dadelik die aandag en roep die vraag op: is geloof sonder sekerhede hoegenaamd moontlik in die lig van ons gereformeerde belydenis (vgl. HK vr./antw. 21)?
Van Niekerk fokus in hierdie boek op ander aspekte van geloof as daardie wat ons tradisioneel na die belydenisskrifte herlei.
Dit is belangriker om te weet hóé om te lewe as om die korrekte belydenis te vind.
Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wêreld ’n beter plek kan maak.
Ernst Conradie was in gesprek met Anton by sy boek se onlangse bekendstelling by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. Geloof sonder Sekerhede word deur Lux Verbi uitgegee.
The post Geloof sonder Sekerhede deur Anton van Niekerk appeared first on Die Nuus in Afrikaans – Koerant.co.za.
Comments