Bee-Bee die By is beskikbaar vir optredes! Kontak jeanette@pronette.co.za of whatsapp 0614567673 vir `n bepreking of om jou album te bestel. Albums kan digitaal gestuur of gepos word.
Bee- Bee die by is ’n splinternuwe karakter wat fokus op kinders tussen die ouderdom van twee en ses jaar.
Bee-Bee se musiek is nuut vars en opvoedkundig en help kleuters om die basiese dinge soos vorms, kleure ensovoorts beter te verstaan. Jeanette Pretorius is die brein en stem agter die produksie en al die liedjies is uit haar eie pen. Sy is self ook ’n mamma van twee kinders en het gevoel daar is ’n behoefte aan nuwe opvoedkundige kinder musiek met lekker ritme en ’n kommersiële klank.
Jeanette Pretorius het al jare se ondervinding in die musiek bedryf. Sy was ook die bekende stem agter die baie gewilde Selflees en luister reeks vir kinders en het al die kinderliedjies daarop gesing.
Sy is ook deel van die groep Ghoema bekroonde groep Heuning en het ook ”n volwasse solo album “HERE YOU COME AGAIN, THE MUSIC OF DOLLY PARTON ” wat deur David Gresham Records vrygestel is.
Ons is tans ook druk besig om aan ’n Engelse en Zulu weergawe van die produksie te werk.
Bee-Bee se musiek sal binnekort op alle digitale platforms beskikbaar wees.
Ons sien baie uit om by al die kleuterskole te kom kuier en saam te dans ,sing en lag.
Ons beplan om gereeld veilige opvoedkundige videos te laai.
Druk asseblief SUBSCRIBE om seker te maak jy sien ons videos.
Gaan subscribe gerus ook op hierdie kanale:
https://www.youtube.com/c/IcanEkkanPleasantmemoriesforeducators
https://www.youtube.com/user/HeuningTelevisie
https://www.youtube.com/channel/UCiEdv6pubi0mRc6GZP4CCxA
Volg ons gerus op facebook : https://www.facebook.com/BeeBeedieBy
Comments