AFRIKAANSE MUSIEK – DEUR DIE VENSTER-INSISEVUS

AFRIKAANSE MUSIEK – DEUR DIE VENSTER-INSISEVUS

Just a look at life on the other side of the window in your soul

ek staar deur die venster na die lewe daar buite
wat terugstaar en skree deur die glas
sy lok my sy verlei my sy verkrag my met haar lippe
totdat ek vergeet wie ek was
en ek ry op n geil sekelmaan
deur die branders van n wolk-oseaan

sy blinddoek my emosies met n hinker en n smag
om die nadors te les in my siel
soekend en vallende na alles wat eens was
totdat ek bloei langs die pad

sy betas my met haar vingers sy bekoor my met die dinge
wat kruisig en na le aan die hart
die passie in haar hande en die weerlig in haar dye
verraai haar stom judas-kus
en die winter wat klou aan die son
ry n swanetrein teen die blou hemelruim

ek snak na my asem die wasem teen die venster
word wir n wyle my skans
teen die liefde die hartseer die goddeloos wat my voorkeer
en die pyn van n siels verlore kans….
wat ek nooit geneem het toe ek moes
n spyker in die vlees wat bly roes…..

ek tuimel deur die venster en ek gryp na die lewe
wat terug gryp en wurg aan my keel
ek worstel en ek spartel aan die hals wat my martel
soos n hond wie se baas hom beveel

ek staar deur die venster na die lewe daar buite
wat terugstaar en skree deur die glas
sy lok my sy verlei my sy verkrag my met haar lippe
totdat ek vergeet wie ek was
en ek ry op haar vlerke na die maan
deur die branders van n wolk-oseaan….
en daars niks wat ek ooit sal berou
want die lewe bly terugkeer …..
volbors en vrou

8,681
Like
Save

Comments

Johann van Schalkwyk says:

Kwaai, ou swaer, baie kwaai.

Ray Theron says:

Moerse! Ek smaak dit bedonnerd!

Alex281088 says:

looool afrikaans ist einfach voll die coole sprache 😉 alleine wie es schon klingt, voll geil

Write a comment

*

css.php