Apple waardevolste handelsnaam

Apple waardevolste handelsnaam

Amerikaanse maatskappye oorheers Interbrand se lys van waardevolste handelsname ter wêreld met Apple vir die tweede opeenvolgende jaar heel bo.

Apple het weer vir Coca-Cola en Google uit die top-posisie gehou. Google is tweede met a handelswaarde van sowat $107,44 miljard en Coca-Cola s’n sowat $81,56miljard.

Ten spyte van ‘n paar brobleme met Apple se nuwe produkte en sagteware is meer as 10miljoen Iphone6’e in die eerste naweek na bekendstelling verkoop,

Die handelsnaamwaarde van ‘n maatskappy word bepaal deur onder meer sy finansiële vertoning, in watter mate dit mense se kooppatrone raak en die vermoë om lojaliteit te skep.

Facebook (29ste) het die afgelope jaar die sterkste gestyg tot $14,35miljard. Audi and Amazon het ook groot verbeteringe aangeteken.
Nuwelinge op die lys sluit in DHL (#81), Land Rover (#91), FedEx (#92), Huawei (#94) en Hugo Boss (#97).

Lees die volledige lys van 100 top-handelsmerke (http://bestglobalbrands.com/2014/ranking/)

The post Apple waardevolste handelsnaam appeared first on Die Nuus in Afrikaans – Koerant.co.za.

1,300
Like
Save

Comments

Write a comment

*

css.php