Kunstenaars:
Gerhard Steyn, Ruhan du Toit, Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr, Corlea, Lianie May, Riaan Benadé, Monique Steyn, Dewald Wasserfall, Jay, Chris Else, Tasha, Touch of Class, Ivan Roux, Charlize Berg & Liezel Pieters
Regisseur: Christian Wolf
Kamera Assistent: Hanru van Zyl
Uitvoerende vervaardigers: Solidaritiet, Coleske Artists
Kleur gradering en redigering: Brickwolf Creatives
Vervaardiger: Johan C Venter
Produksie-assistent: Analda Breedt
Enkelsnit beskikbaar op alle digitale platforms – https://AIG.lnk.to/OnsSalSelfMB
????
https://youtu.be/JZfyTptLSoA
Ons sal self met die hulp van God. Laat God se wil alleen geskied.
Dis so mooi
Amen, hoedervleis. Ons sal oorwin
Brilliant. Ja, #onssalself
i wish i understood the words 🙂
Soo mooi !!! ❤❤❤
Eendrag maak mag?
Afrikaans my taal.my Trots
Awesome! Trots Afrikaans!
Die Stomme
‘n Gedig deur Dirk Bezuidenhout
Die stomme het nie ‘n stem nie, maar die stomme is sterk
Die stomme word geplunder, terwyl hy net wil werk
In stilte swyg, en neem hy die blaam
vir elke daad van sy voorvader’s faam.
Geskiedenis skree van oortredings en bloed,
haat en geweld wat oor leë grond woed
Stories met sterte, tande en gloed
Waarheid teenstrydig met dit waarvoor hy boet
Die stomme soek ‘n stem, hulp van erens af
“Mik vir sy hart, hy is swak en nou saf”
Van oral af oor, word die stomme vervloek
Almal wat wil, kan sy grond kom besoek
Geen geleentheid; geen gebaar
Geen hand en geen hulp, geen troos of beswaar
Sy tyd is verby, sy dag het gekom
Sy menswees en reg, behoort nie meer aan hom.
Die stomme hoor alles, ‘n storm begin woed
In sy hart en sy trots, vind hy ‘n voet
Hy wag vir sy kans, onder houe wat reën
Op belofte en Woord, en hoop op die Seun
Die stomme staan op, oog rus omhoog
Bult weer sy spiere en sy mond skiet oop
Die stomme neem aksie, die stomme begin brul
Die stomme was nie stom nie, hy was maar net stil.